# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die hervormings in die departement is daarop gemik om verantwoordbaarheid te verbeter, openbare geld te beskerm en voortslepende institusionele mislukkings aan te spreek. Hy het kommer uitgespreek oor die Eiendomsbestuurshandelsentiteit, wat verantwoordelik is vir die bestuur van een van Suid-Afrika se grootste openbare eiendomsportefeuljes. Hy sê dit is finansieel onbestendig en operasioneel swak. Die entiteit se oortrokke rekening het verdubbel tot byna vier-miljard-rand en dit het sedert 2014 nie ‘n skoon oudit behaal nie. Macpherson sê die departement kan nie herbou word sonder om interne mislukking te konfronteer nie.
Minister Macpherson sê hy kan nie ‘n werkende departement op gebroke stelsels bou nie