Skip to content

Universiteit Stellenbosch tree streng op teen dagga-gebruik in koshuise

# Die Universiteit Stellenbosch het nuwe koshuisreëls ingestel wat die gebruik, besit en rook van dagga in studenteverblyf verbied. Die instelling sê die besluit volg wettige riglyne oor of koshuiskamers as privaat ruimtes beskou kan word, veral as studente kamers of gange deel. Die dekaan van Studente, Leslie van Rooi, sê gedeelde woonplekke voldoen nie aan die wettige omskrywing van privaatheid nie. Hy sê die universiteit is bekommerd oor onwettige verkope in koshuise, maar die gebruik van dagga vir mediese en godsdienstige doeleindes word oorweeg.