Skip to content

Iran voer vergeldingsaanvalle uit op Amerikaanse teikens in die streek

# Iran se Revolusionêre Wagkorps het vergeldingsaanvalle uitgevoer op Amerikaanse teikens in die Midde-Ooste. Dit sluit in ‘n Lugmagbasis in Jordanië wat Amerikaanse magte huisves, asook in Koeweit en Bahrein. Dit volg op Amerikaanse aanvalle op lugafweerstelsels, grondbeheerstasies en radar-stellings in Teheran nadat ʼn Amerikaanse helikopter Maandag afgeskiet is. Iran sê sy magte is gereed om kragtig te reageer op enige Amerikaanse optrede, en voeg by Amerika sal aanspreeklik wees vir die gevolge van enige verdere toename in vyandighede.