# Krieket: Ben Stokes oorweeg volgens berigte om uit te tree as Engeland se kaptein. Hy en sy spanmaat, Gus Atkinson, word ondersoek nadat hulle blykbaar span-protokolle oortree het. Hulle was Maandag in die vroeë oggendure betrokke in ʼn onderonsie met ʼn Saracens-akademiespeler in ʼn Londense nagklub. Die voorval na Engeland se oorwinning oor Nieu-Seeland in die eerste toets het daartoe gelei dat ʼn veiligheidsbeampte van Engeland en Wallis se Krieketraad steke moes kry. Stokes oorweeg dit glo ook om sy loopbaan van 15-jaar vaarwel te roep.
Krieket: Ben Stokes oorweeg volgens berigte sy toekoms as Engeland se kaptein