# Die Stad Tshwane sê hy is verbind tot die sukses van die tweede fase van die Spesiale Ekonomiese Sone vir die Voertuigbedryf en die toekomstige groei in die bedryf. Die projek sluit in werkskepping, opleidingsgeleenthede en geleenthede vir kleinsakeondernemings. Die metro sê meer as die helfte van die werksgeleenthede in Fase Een was aan die jeug toegeken en minstens 50-persent van die verwagte ses-duisend-150 werksgeleenthede vir Fase Twee sal na jongmense gaan. Fase Twee ontvang 3,95-miljard-rand uit die openbare sektor en 6,1-miljard-rand uit privaat belegging.
Tshwane is verbind tot sukses van Spesiale Ekonomiese Sone vir Motorvoertuie