Skip to content

Uitvinder van Please Call Me vra toestemming vir privaat vervolging in befondsings-geskil

# Die uitvinder van Please Call Me, Nkosana Makate, vra die Nasionale Vervolgingsgesag se toestemming om privaat vervolging in te stel teen ‘n voormalige Britse belegger. Makate beskuldig Errol Elsdon van bedrog en vervalsing oor ‘n eis van 40-persent van sy skikking met Vodacom. Vodam het volgens berigte sowat 550-miljoen-rand aan Makate uitbetaal. Elsdon ontken enige oortreding en verwerp bewerings van misdadige optrede. Die saak vorm deel van ‘n langdurige regstryd oor vergoeding in die skikking.