# Die voorsitter van die Ampsklagkomitee, Makashule Gana, het gewaarsku teen die voortydige bepaling van sperdatums, maar hoop om die komitee se volgende vergadering te belê voor die Parlement aan die einde van die maand in reses gaan. Die komitee moet bepaal of president Cyril Ramaphosa in ‘n staat van beskuldiging geplaas moet word oor die diefstal van geld op sy Phala Phala-plaas meer as ses jaar gelede. Gana sê die komitee se onmiddellike prioriteite is om die verwysingsraamwerk en lys van getuies te bepaal:
Voorsitter van Ampsklagkomitee sê geen tydlyne is nog bepaal nie [KLANK]
ENG GanaOnTimeFrames