# Rugby: Die Bulle keer vandag terug huis toe nadat hulle Glasgow Warriors in Skotland verslaan het in die halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Hulle gaan eerder in Pretoria herstel voor hulle weer vertrek vir volgende naweek se eindstryd teen Leinster in Ierland. Dit sal ‘n herhaling van verlede seisoen wees toe die tuisspan 32-7 gewen het. Die wedstryd sal weer op Croke-park in Dublin gespeel word. Die Bulle hoop steeds op ‘n eerste titel nadat hulle die afgelope vyf jaar vier keer die eindstryd gehaal het.
Rugby: Bulle besluit om nie in Europa te bly tot VRK-eindstryd nie