# Die Outomobiel-Assosiasie is bekommerd oor veiligheidstandaarde van sekere Chinese voertuie wat plaaslik verkoop word. Uitvoerende hoof Bobby Ramagwede bevraagteken of sommige vervaardigers toegewings maak ten opsigte van strukturele materiale en veiligheidskenmerke. Navorsing toon verskeie intreevlak-Chinese modelle wat in Suid-Afrika verkoop word, het minder lugsakke as dié in Australië en Europa. Ramagwede sê dit het ‘n beduidende invloed op botsingstoetse, met van die voertuie wat nie meer as twee sterre onder die standaarde van die internasionale motorveiligheidsgraderingsprogram kan behaal nie. Die AA bepleit strenger vereistes met voertuigveiligheid.
AA is bekommerd oor veiligheidskwessies in Chinese voertuie