# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê Suid-Afrika sal die lesse uit Saterdag se nederlaag van 5-0 teen Japan gebruik om te verbeter voor môre se tweede internasionale vriendskaplike wedstryd in Osaka. Sy sê die nederlaag het hulle waardevolle lesse geleer voor die Afrikabekertoernooi vir Vroue, want Japan het elke fout blootgelê. Ellis sê om ‘n gedissiplineerde Asiatiese teenstander te trotseer, bied ander uitdagings as onlangse wedstryde teen teenstanders van Afrika. Die tegniese span ontleed die wedstryd en verfyn hul taktiese benadering voor môre se ontmoeting.
Sokker: Banyana wil terugslaan in tweede vriendskaplike kragmeting met Japan