# Die Gautengse Gesondheidsdepartement begin vandag sy Lenacapavir-projek waar mense twee keer per jaar die MIV-voorkomende inspuiting ontvang. Dis deel van die nasionale regering se landwye inisiatief om MIV-voorkomingsopsies uit te brei en nuwe MIV-besmetting te voorkom. Die doel is om vigs teen 2030 as openbare gesondheidsbedreiging uit te wis. Suid-Afrika het sy eerste besending Lenacapavir van 37-duisend-920 dosisse in April ontvang. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê Lenacapavir sal by 133 fasiliteite in die provinsie beskikbaar wees:
Gautengse Gesondheidsdepartement begin met Lenacapavir se uitrolfase [KLANK]
ENG MabonaONRollout