# Die polisie in Gauteng het gister 80 onwettige immigrante tydens die multidissiplinêre Operasie Shanela in Pretoria in hegtenis geneem. Dit het deel uitgemaak van voortgesette provinsiale inisiatiewe om misdaad te beveg, immigrasiewette af te dwing en openbare veiligheid in Gauteng te bevorder. Daar is op nege onpadwaardige voertuie beslag gelê. Die adjunkkommissaris van polisie, Fred Kekana, het aan die SABC gesê ‘n persoon wat onwettige immigrante in diens gehad het, is ook in hegtenis geneem:
80 ongedokumenteerde immigrante in hegtenis geneem in Tshwane [KLANK]
ENG KekanaOnArrests