Skip to content

713 eiendomseienaars kan straftariewe verwag terwyl Tshwane op onwettige grondgebruik toeslaan

# Die Stad Tshwane sê hy gaan voort met optrede teen onwettige grondgebruik. Altesaam 713 eiendomseienaars sal na verwagting hoë boetes opgelê word vir die oortreding van soneringswette. Eiendomme wat vir ongeoorloofde doeleindes gebruik word, sal herkategoriseer word, wat die maandelikse tariewe aansienlik sal verhoog. Tariewe op ‘n wooneiendom van een-miljoen-rand kan styg van eenduisend-en-16- tot seweduisend-628-rand. Die metro, wat miljarde se inkomste verloor, het ‘n subkomitee aangestel om onwettige ontwikkelings teen te werk en nakoming te verseker.