# Die Tshwane-metropolisie het die naweek 48 mense vir dronkbestuur in Soshanguve en Centurion vasgetrek. Tydens die operasie is 108 Aarto-boetes vir verskeie verkeersoortredings uitgereik. Die departement sê hy is vasbeslote om lewens te red deur roekelose en nalatige bestuur weens dronkbestuur te bekamp. Hy sê padveiligheid is almal se verantwoordelikheid.
48 verdagtes in Tshwane vir dronkbestuur vasgetrek