# Altesaam 474 verdagtes is tydens weeklikse misdaadbekampingsoperasies in Kaapstad weens verskeie misdade aangekeer. Twee verdagtes word verbind met die moord op twee mense en ‘n kaping in Cafda. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die stad sal aanhou druk uitoefen vir meer ondersoek- en forensiese bevoegdhede om misdaad beter te bestry. Smith sê die stad bly daartoe verbind om veiligheid te verbeter en misdadigers vas te vat.
474 verdagtes tydens misdaadbestrydingsoperasies in Kaapstad aangekeer