# Ten minste 50 mense, insluitend 40 kinders, is dood toe ‘n oorlaaide boot gister in Sokoto in die noordweste van Nigerië omgeslaan het. Daar was volgens berigte meer as 70 mense aan boord, wat boere en arbeiders ingesluit het wat gehuur is om rys te oes. Sestien mense is gered. Die Nasionale Binnelandse Waterweë Owerheid sê reddingspogings gaan voort. Bootongelukke is algemeen in Nigerië waar swak onderhoude bote oorlaai word en sterftes dikwels toegeskryf word aan die swak toepassing van veiligheidsreëls.
40 kinders onder sterftes nadat boot in noord-wes Nigerië omslaan