Skip to content

Sestien noodlottige ongelukke binne ‘n week aangeteken op Wes-Kaapse paaie [KLANK]

# Die Wes-Kaapse Departement van Beweeglikheid versoek alle padgebruikers om persoonlik verantwoordelikheid te aanvaar vir padveiligheid. Die departement se woordvoerder, Muneera Allie, sê 16 noodlottige ongelukke is tussen verlede Dinsdag en Sondag op provinsiale paaie aangeteken. Dit het gelei tot die dood van 18 mense, wat ‘n harde werklikheid weerspieël rondom die verwoestende gevolge van roekelose en nalatige bestuur. Allie sê 267 spoedoortredings is ook aangeteken:

ENG MunneraOnFatalCrashes