Skip to content

29 militante sterf in Pakistanse lugaanvalle in ooste van Afganistan

# Pakistan het ‘n intelligensie-gedrewe grondoperasie en presisie-lugaanvalle langs sy grens met Afganistan uitgevoer waarin 29 militante dood is. Dit volg nadat drie lede van die Pakistanse paramilitêre mag Sindh Rangers Saterdag in hul hoofkwartier in Karatsji dood is. Afganistan se Taliban-regering sê die aanvalle het woonhuise getref en nie militante se skuilplekke nie. Hy het Pakistan se aanval veroordeel as ‘n misdaad en ‘n gruweldaad. Die jongste toename in geweldpleging volg ondanks die wapenstilstand tussen die twee lande wat in Oktober verlede jaar aangegaan is.