# Altesaam 25 lande, insluitend Brittanje, Frankryk, Kanada en Japan, het die moord op burgerlikes en kinders wat kos en water in Gaza soek, veroordeel. Meer as 800 Palestyne is dood terwyl hulle hulp gesoek het, met die meeste sterftes naby hulpsentrums wat bestuur word deur die VSA- en Israel-gesteunde Gaza Humanitarian Foundation. In ‘n verklaring van die Britse ministerie van Buitelandse Sake, sê die lande die Israelse regering se hulpverleningsmodel is gevaarlik, wakker onbestendigheid aan en ontneem die mense van menswaardigheid. Die lande het hul oproep tot ‘n skietstilstand herhaal.
25 nasies veroordeel Israel se moorde op Gaza-burgers wat probeer kos en water kry