# Ten minste 15 mense, elf burgerlikes en vier veiligheidspersoneellede, is dood in gewelddadige gevegte tussen betogers en veiligheidsmagte in die Pakistan-beheerde Kashmir. Ten minste 50 mense is beseer. Die onrus het uitgebreek na ‘n oproep deur die Gesamentlike Awami Aksiekomitee, ‘n koalisie van aktivistegroepe, aan inwoners om na die streek se hoofstad, Muzaffarabad, op te ruk. Dit gaan oor die reservering van 12 posisies vir vlugtelinge in die komende verkiesing. Die komitee sê mense wat in die streek woon moet al die wetgewende posisies vul.
15 dood en meer as 50 beseer in gewelddadige gevegte in Pakistan-beheerde Kashmir