Skip to content

130 organisasies vra dat Amerikaans-Israelse-ondersteunde hulpgroep gesluit moet word

# Meer as 130 liefdadigheidsorganisasies en nie-regeringsorganisasies vra dat die Israels-Amerikaans-ondersteunde Humanitêre Stigting in Gaza gesluit moet word. Oxfam, Save the Children, Amnestie Internasionaal en ander sê meer as 500 Palestyne wat hulp probeer ontvang het is dood sedert die stigting einde Mei met sy werksaamhede begin het, met amper vier-duisend wat beseer is. Die organisasies voer aan dat Israelse magte gereeld op Palestyne skiet wat hulp soek. Israel ontken dit en sê hulle bied regstreekse hulp aan mense wat dit nodig het en omseil Hamas se inmenging.