Skip to content

11 polisiebeamptes in eerste kwartaal vanjaar in Gauteng vermoor

# Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, het onthul dat elf polisiebeamptes in die eerste kwartaal van 2025 vermoor is. Een was aan diens en tien was van diens af. Die Valke lei die ondersoeke na die moorde. Mthombeni sê tot dusver is vyf verdagtes in verband met die moorde gearresteer en die polisie volg leidrade op om nog verdagtes aan te keer. Hy sê hulle sal onverpoosd werk om gemeenskappe veilig te hou.