Skip to content

11 Dood in afsonderlike skietvoorvalle in Kaapstad

# Die Wes-Kaapse polisie ondersoek drie afsonderlike skietvoorvalle in Langa, Gugulethu en Khayelitsha waarin elf mense oornag dood is. Vyf mense is in Langa dood, drie mans in Khayelitsha en drie mense in Gugulethu, met nog twee wat beseer is. Geen arrestasies is nog gemaak nie en die motiewe bly onbekend. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê ontplooiings in die gebiede wat geraak word asook ander brandpunte is versterk.