Skip to content

WNNR gaan ’n verkiesingsvoorspellingsmodel vir die 2026 plaaslikeregeringsverkiesing gebruik

Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad en die SABC sal sy verkiesingsvoorspellingsmodel tydens die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November gebruik. Die model sal moontlike verkiesingsuitkomste voorspel namate stemuitslae bekend gemaak word. Dit maak gebruik van vorige stempatrone en die jongste uitslae om die voorspellings te verfyn. Die WNNR sê die model word reeds sedert 1999 gebruik. Hy beklemtoon die syfers is voorspellings, en nie amptelike uitslae nie. Die Verkiesingskommissie bly verantwoordelik vir die aankondiging van die finale verkiesingsuitslae.