Skip to content

Wetstoepassingspanne in Kaapstad lê beslag op wapens, herwin gekaapte motors

# Wetstoepassingsagentskappe in Kaapstad het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die SAPD vuurwapens en ammunisie in Crossroads gekonfiskeer, ‘n vermeende stroopwerf in Philippi-Oos gesluit en ‘n gekaapte stadsvoertuig in Mandela Park teruggevind. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê beamptes het 235 mense in hegtenis geneem, tien-duisend-257 boetes uitgereik en 114 openbare vervoer-voertuie geskut. Hy sê verkeerspanne het ook 47-duisend-336 oortredings aangeteken en 902 lasbriewe vir arrestasies uitgereik.