Skip to content

Westbury se inwoners bevraagteken nut van teenbende-operasie

# Inwoners van Westbury in Gauteng bevraagteken of Operasie Prosper enige werklike uitwerking het in die stryd teen bendegeweld. Die jaarlange ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is gedoen om misdaadgeteisterde gemeenskappe in die provinsie bestendig te maak, maar inwoners sê skietvoorvalle duur amper daagliks voort, met kinders wat steeds in die kruisvuur vasgevang word. ‘n Graad vyf-leerder, Langston Kok, is Sondag gewond tydens die jongste uitbreking van geweld. Gemeenskapsleiers sê soldate was selde sigbaar sedert die operasie begin het.