# Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaad-ondersoeke het die moord op ‘n 31-jarige vrouepolisiebeampte van Bishop Lavis begin ondersoek. Haar liggaam is gisteroggend met veelvuldige skietwonde in haar voertuig in Benniestraat, Langa, naby ‘n laerskool gevind. Sy het na bewering die vorige aand haar huis in Kraaifontein verlaat om ‘n kerkdiens in KwaLanga by te woon. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mense met inligting kan die polisie kontak.
Wes-Kaapse polisiebeampte se liggaam in Langa gevind