Skip to content

Warm toestande verwag met donderstorms in die Noord-Kaap

# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê gedeeltelik bewolkte tot warm toestande word vandag oor die meeste dele van die land verwag. ‘n Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir hewige donderstorms in die sentrale Noord-Kaap, wat sterk winde, hael, weerlig en moontlike oorstromings sal meebring. Gauteng sal gedeeltelik bewolk en warm wees met ‘n hoë UV-indeks, terwyl ander provinsies afwisselende buie en donderbuie op plekke kan verwag.