# Die Amerikaanse weermag het Iran gister aangeval in reaksie op ‘n Iranse hommeltuigaanval op ‘n vragskip in die Straat van Hormoes, met albei lande wat mekaar daarvan beskuldig dat hulle die bepalings oortree het van verlede week se wapenstilstand. Die Amerikaanse Sentrale Bevelsentrum sê vliegtuie het missiel- en hommeltuigbergingsplekke en kus-radarterreine getref. Iran sê ‘n projektiel het die gebied rondom ‘n hawehoof in Sirik in die suide van Iran getref. Iranse vlootmagte het reageer deur Amerikaanse militêre teikens in die streek aan te val. Teheran het nie besonderhede verskaf oor wat moontlik getref is nie.
VSA voer vergeldingsaanval op Iran uit na aanval op vragskip in Straat van Hormoes