# Die Vrystaatse LUR vir Onderwys, Mantlhake Julia Maboya, stel vandag die provinsiale Moedertaalgebaseerde Tweetalige Onderwysveldtog in Qwa Qwa bekend. Die veldtog is daarop gemik om akademiese prestasie te verbeter en taalkundige en kulturele diversiteit in laerskole te bevorder. Maboya sê die veldtog fokus op die verbetering van vaardigheid in huistale en Engels, die verbetering van geletterdheid en syfervaardigheid, en die verhoging van leerdervertroue. Ongeveer 500 deelnemers, insluitend ouers, onderwysers en tradisionele leiers, sal na verwagting die bekendstelling by woon.
Vrystaat stuur modertaalonderrigveldtog in Qwa-Qwa van stapel