# Die Valke het ‘n vragmotorbestuurder in hegtenis geneem en beslag gelê op plofstof ter waarde van byna 2,8-miljoen-rand in Musina naby die Beitbrug-grenspos. Owerhede het tydens ’n gesamentlike operasie deur ‘n multidissiplinêre span plofpatrone, ontstekers en lonte ontdek. Die woordvoerder van die Valke, Avela Fumba sê die 42-jarige verdagte het probeer vlug, maar is dadelik in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting môre in die Musina-distrikslanddroshof verskyn op aanklagte van onder meer die besit van plofstof.
Vragmotorbestuurder by Beitbrug in hegtenis geneem met plofstof ter waarde van R2,8-miljoen