Skip to content

Voormalige Valke-baas sê SAPD-leierskapskonflikte ondermyn misdaadbestryding

# Die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Johan Booysen sê leierskapskonflikte binne die SAPD belemmer misdaadbestrydingspogings. Booysen het reageer op getuienisse deur KwaZulu-Natal Polisiekommissaris Nhlanhla Mkwanazi en Nasionale Kommissaris Fannie Masemola voor die Madlanga-kommissie in Pretoria. Booysen, wat voor die Zondo-kommissie getuig het, sê niks het sedert 2011 verander nie en hy onthou politieke inmenging en die sluiting van sleuteleenhede. Hy sê die huidige situasie is déjà vu (uitspraak Dy-ja-vu) en waarsku dit ondermyn polisiëringsintegriteit.