Skip to content

VN sê die wêreldwye behuisingskrisis is een wat die vinnigste groei

# Die Verenigde Nasies sê een van die wêreld se vinnigste groeiende uitdagings is die wêreldwye behuisingskrisis, wat byna 2,8-miljard mense wêreldwyd raak. Meer as 1,1-miljard mense woon in krotbuurte of informele nedersettings en meer as 120-miljoen mense is in die afgelope dekade óf in krotbuurte en informele nedersettings gebore óf het daarheen verhuis. Die VN waarsku die miljoene wat in onveilige behuising woon, is van die eerstes wat ly tydens vloede, hittegolwe en ander uiterste gebeurtenisse wat vererger as gevolg van die mensgemaakte klimaatkrisis.