# Air Canada-vlugkelners het gister oorweldigend teen die lugredery se jongste loonaanbod gestem. Hul vakbond sê die stemming sal na verwagting geen uitwerking op vlugbedrywighede hê nie. Die voorlopige ooreenkoms, wat ‘n staking by die lugredery verlede maand beëindig het, sluit in ‘n salarisverhoging van 12-persent vanjaar vir die meeste junior vlugkelners en ‘n verhoging van agt-persent vir meer senior lede. Die Kanadese Vakbond van Openbare Werknemers het in ‘n verklaring gesê dat 99,1-persent van die lede die voorstel verwerp het en aangevoer het dat vlugkelners steeds minder as die federale minimumloon sal verdien.