Skip to content

Vier mense in informele nedersetting in Gqeberha doodgeskiet

# Vier mense is in die vroeë oggendure in die Solomon Mahlangu-informele nedersetting in Walmer in Gqeberha in die Oos-Kaap doodgeskiet. Die polisie sê die twee mans en twee vroue is in verskillende vertrekke gevind in wat lyk na teregstellingstyl‑moorde. Die provinsiale Eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdaad het ‘n ondersoek van stapel gestuur, maar die omstandighede is nog onduidelik.