# Die Vryheidsfront Plus sê die moontlike uitkomste van die nasionale dialoog moet teen deelname aan die nasionale konvensie gemeet word, en die uiteindelike toets sal wees of die probleme hanteer word. President Cyril Ramaphosa het gister vrae in die Parlement beantwoord en gesê die konvensie weerspieël die breë verskeidenheid in Suid-Afrika. Die VF Plus sê die kernprobleem met die dialoog is die ANC wat volhou hy gaan nie sy beleidsrigtings verander nie, en dit sluit regstellende aksie en onteiening sonder vergoeding in.