# Die VF Plus vra die polisie om sigbare patrollies en doelgerigte misdaadvoorkoming in Malmesbury te verhoog ná ‘n toename in bendeverwante geweld. Amber Booysen van die party sê inwoners leef in vrees nadat twee mense tydens die jongste skietvoorval dood en tien gewond is, insluitend ‘n driejarige kind. Booysen vra die owerhede om meer hulpbronne beskikbaar te stel en gereelde misdaadvoorkomingsoperasies uit te voer om bendegeweld hok te slaan en veiligheid in die geteisterde gemeenskappe te herstel:
VF Plus bepleit stappe teen bendegeweld in Malmesbury [KLANK]
AFR BooysenOnMassMurder