# Sokker: Die Europese beheerliggaam, UEFA, oorweeg glo ‘n boikot van toekomstige FIFA-byeenkomste as president Gianni Infantini voortgaan met planne om onderafdelings van die wêreldliggaam aan privaat beleggers te verkoop. FIFA wil vanjaar ‘n geraamde 70,36-miljard-rand verdien deur ‘n minderheidsaandeel van 20-persent te verkoop in ‘n nuwe filiaal, FIFA Forward Enterprise wat ‘n geskatte 334,46-miljard-rand werd is. UEFA sê die siel en bestuur van die sport is nie bates om te verkoop nie, veral sonder enige deursigtigheid oor wie finansieel sal baatvind.
Sokker: UEFA oorweeg om FIFA-byeenkomste te boikot oor omstede beleggingsvoorstel