# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, die National Foundations Dialogue Initiative en die Women’s Election Mechanism for Peace het Suid-Afrikaners geprys omdat hulle demokrasie gehandhaaf en verseker het dat die plaaslikeregeringsverkiesing vreedsaam en ordelik verloop. Die organisasies het 619 opgeleide en geakkrediteerde verkiesingswaarnemers in al nege provinsies ontplooi om die opening, stemming, sluiting en telprosesse te monitor. Die waarnemersending het ook ‘n verbetering in kiesersdeelname verwelkom; dit het toegeneem van 12,3-miljoen tydens die plaaslikeregeringsverkiesing van 2021 tot 15,9-miljoen in 2026.
Verkiesingswaarnemersending prys Suid-Afrikaners vir vreedsame plaaslikeregeringsverkiesing