Skip to content

Verdagte in Olorato Mongale-moord gee hom aan die polisie oor

# ‘n Gesoekte verdagte in die moord op die 30-jarige Olorato Mongale van Johannesburg het homself by die KwaMashu-polisiestasie oorgegee. Mongale se liggaam is in Lombardy-Wes in Johannesburg gevind nadat sy ‘n afspraak met haar vermeende moordenaar gehad het. Die polisie het bevestig dat twee verdagtes reeds aangehou word en nóg een, Philangenkosi Makhanya, gister in ‘n skietery dood is. Hulle soek nog na ‘n derde verdagte, wat skynbaar na Zimbabwe gevlug het. Mongale word môre in Bloemfontein begrawe.