# Die Venezolaanse opposisieleier en Nobelprys vir Vrede-wenner, María Corina Machado, het na byna ‘n jaar in ballingskap na Venezuela teruggekeer. Sy is Sondag deur juigende ondersteuners verwelkom. Machado het die land in Desember verlaat om die Nobelprys vir Vrede te ontvang, nadat sy maande lank geskuil het te midde van ‘n aanslag teen teenstanders van die destydse president, Nicolás Maduro. Sy keer terug na ‘n land wat nou deur tussentydse president Delcy Rodríguez gelei word, nadat Maduro in Januarie deur Amerikaanse magte gevange geneem is. Machado dring aan op vrye en regverdige verkiesings, maar geen datum is nog aangekondig nie.
Venezolaanse opposisieleier Machado keer terug huis toe na maande in ballingskap