# ‘n Man wat van mensehandel verdink word is deur die Valke in Milnerton, Kaapstad, in hegtenis geneem en verskyn môre in die hof. Die man is gister vasgetrek tydens ‘n operasie by ‘n huis in Brooklyn, waar drie jong vroue gered is. Die polisie sê die inhegtenisneming volg ná ‘n opvolgondersoek na ‘n vermeende handelaar wat na bewering jong vroue uitgebuit het vir seksuele doeleindes. Daar is bevind hy is onwettig in die land en staan tereg op aanklagte van mensehandel en die oortreding van die Immigrasiewet.
Valke arresteer mensehandel-verdagte in Milnerton