# Die vakbond SAMATU vra die regering om dringend ongeveer een-duisend-400 werklose dokters in diens te neem, en sê openbare gesondheidsorg-geriewe bly kritiek onderbeman. Hoofsekretaris Cedric Sihlangu sê vertragings met die aanstelling van gekwalifiseerde dokters vererger die druk op die gesondheidstelsel. Hy verwerp bewerings dat dit weens begrotingsbeperkings is en voer aan befondsing word toegeken, maar word dikwels deur provinsies herlei. Hy sê die aanstelling van werklose dokters sal gesondheidsorgdienste versterk en pasiëntesorg verbeter.
Vakbond vra regering om een-duisend-400 dokters in diens te neem