# Die UDM sê verkiesingsgeskille wat by die Verkiesingskommissie aanhangig gemaak is, is nie bedoel om die verkiesingsproses te ondermyn nie, maar om die integriteit daarvan te beskerm. Die party sê elke stem verteenwoordig die demokratiese keuse van ‘n burger en moet akkuraat aangeteken word. Die UDM vra die OVK om dringend alle wettige bekommernisse aan te spreek voordat die verkiesingsuitslae gefinaliseer word. Die party sê ook die uitslag van die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing plaas ‘n verantwoordelikheid op sy leierskap plaas om die organisasie regoor die land te versterk.
UDM vra OVK om verkiesingsgeskille dringend aan te spreek voor die finale uitslae