# Twee vermeende kapers is noodlottig gewond tydens ‘n skietgeveg met die polisie in Reigerpark, Gauteng. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê beamptes was op soek na verdagtes verbonde aan vragmotor- en koerier-rooftogte toe ‘n bestuurder in Boksburg versuim het om stil te hou. ‘n Skietery het gevolg, met twee verdagtes wat dood is en ander wat gevlug het. Sy sê twee ongelisensieerde vuurwapens, ‘n sportnutsvoertuig en vals registrasienommerplate is in Germiston ontdek:
Twee verdagtes sterf in skietgeveg met polisie in Reigerpark [KLANK]
ENG NevhuhulwiOnShootout