# Huurders van die George Asaba-woonstelle in Pretora-Wes, sal binnekort ander blyplek moet kry na die Hooggeregshof in Pretoria ten gunste van die Stad Tshwane beslis het om die gebou te sloop. Die uitspraak volg na bevind is die struktuur is onwettig opgerig en voldoen nie aan munisipale regulasies nie. Die besluit laat die stad toe om voort te gaan om dit te sloop, maar laat kommer ontstaan oor die toekoms van die inwoners wat nou dakloos gelaat word, en die afdwinging van geboue-veiligheid.
Tshwane kry toestemming om onwettig-geboude woonstelblok te sloop