# Die Amerikaanse president Donald Trump en Oekraïense leier Volodymyr Zelensky, wat gister in Rome was vir die begrafnis van Pous Franciskus, het in ‘n een-tot-een gesprek in die Vatikaan probeer om die wankelende vredespogings in Rusland se oorlog met Oekraïne weer op koers te kry. Zelensky het gesê die vergadering kan geskiedkundig wees as dit die soort vrede oplewer waarvoor hy hoop. ’n Woordvoerder van die Withuis het dit as baie produktief beskryf. Dit was hul eerste ontmoeting sedert hulle rampspoedige vergadering in die Withuis.
Trump, Zelensky ontmoet een-tot-een in die Vatikaan om vrede vir Oekraïne te soek