Skip to content

Trump toegelaat om soldate in Los Angeles te hou terwyl meer betogings verwag word

# President Donald Trump kan voortgaan met die ontplooiing van Nasionale Wag-soldate in Los Angeles. Dit volg na ‘n hofuitspraak terwyl die betogings teen immigrasie-klopjagte na verwagting vir ‘n tweede week gaan voortduur. Dit is die sterkste reaksie teen die president sedert sy terugkeer in Januarie. Trump het gister die uitspraak van die 9de Amerikaanse Rondgaande Appèlhof verwelkom wat ‘n vorige laerhofuitspraak teen die ontplooiing tydelik gestop het. Stede regoor Amerika het die naweek betogings verwag teen die militêre parade in Washington, ter viering van die Amerikaanse Leër se 250ste bestaansjaar.