# Die Amerikaanse president Donald Trump het Mike Waltz uit sy pos as nasionale veiligheidsraadgewer verwyder. Waltz het sedert Maart kritiek in die gesig gestaar nadat hy erken het dat hy per ongeluk ‘n joernalis by ‘n Signal-kletsgroep gevoeg wat sensitiewe inligting oor Amerikaanse missielaanvalle gedeel het. In ‘n plasing op Truth Social het Trump aangekondig dat hy Waltz as ambassadeur by die Verenigde Nasies sal benoem. Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het die pos van nasionale veiligheidsraadgewer op ‘n tussentydse basis oorgeneem.
Trump steek nasionale veiligheidsraadgewer Mike Waltz in die pad