Skip to content

Trump sê hy bied Iran niks aan nie en praat nie met sy regering nie

# Die Amerikaanse president Donald Trump sê vandat die VSA aanvalle op kernaanlegte in Iran van stapel gestuur het, bied hy die land niks aan nie en praat ook nie met sy regering nie. Die verklaring volg nadat die adjunkminister van Buitelandse Sake in Iran, Majid Takht-Ravanchi, aan die BBC gesê het gesprekke tussen Washington en Teheran kan nie kan hervat word nie tensy die VSA verdere aanvalle op Iran uitsluit. Hy het gesê die VSA het ‘n week ná sy aanval op drie Iranse kernaanlegte, aangedui hy wil terugkeer na die onderhandelingstafel.